Use LEFT and RIGHT arrow keys to navigate between flashcards;
Use UP and DOWN arrow keys to flip the card;
H to show hint;
A reads text to speech;
46 Cards in this Set
- Front
- Back
- 3rd side (hint)
Plantkundige |
'n Persoon wat plante bestudeer |
|
|
Binomiale stelsel |
Benoemingstelsel waar elke organisme 2 name gegee word, n genus- en spesienaam |
Benoemingstelsel |
|
Een groep plante wat nie vaskulêre weefsel het nie |
Briofiete |
|
|
Trageofiete |
Teenwoordigheid van trageïede in vaskulêre vaatweefsel |
|
|
'n Unieke kenmerk van plante se generasies |
Hulle ondergaan 'n afwisseling van generasies tydens hulle lewensiklus ( Dit beteken dat 'n aseksuele generasie deur 'n seksuele generasie opgevolg word ) |
|
|
Meiose (3 punte) |
'n Spesiale soort seldeling. Die aantal chromosome in die sel word halveer Is belangrik vir seksuele voortplanting |
|
|
Sporofiet |
Die spoorproduserende, aseksuêle generasie van 'n plant se lewensiklus |
|
|
Verskil tussen diploied (2n) en haploïed (n) |
Diploïed het twee pare chromosome en haploïed het slegs een stel chromosome |
|
|
Gametofiet |
Die seksuele generasie van n plant se lewensiklus, waartydens gamete vervaardig word |
|
|
|
|
Tydens voortplanting |
|
Algemene eienskappe van plante |
🌳vaatweefsel/ nie 🌳wortels/ blare 🌳sade/ spore 🌳 vrugte/ nie 🌳onafhankik/ afhanklik van water vir voortplanting |
V. Vir W. Wie S. Sal V. Vrede W. Wen |
|
Briofiete (mosse) Algemene beskrywing |
* Nie- vaskulêr (absorbeer water direk uit lug en grond) * Water beweeg d.m.v osmose van sel tot sel * Kan net in vogtige omgewings groei * Dominante gametofietgenerasie * Kan fotosinteer |
NV O V G F |
|
|
|
|
|
Kenmerke van Briofiete (Mosse) |
💧geen vaskulêre weefsel 💧selle is haploïed 💧bly baie kort/ laag (geen vaskulêre weefsel) 💧TALLUSPLANT - geen wortels, stingels of blare 💧Risoïde anker plant 💧geen kutikula 💧hele plantoppervlak kan water absorbeer/ verloor 💧HOMOSPORIES - produseer slegs een soort spoor 💧geen vrugte/ saad
|
|
|
Tallus |
'n plantliggaam wat nie in 'n stam en blare verdeel word nie, en nie ware wortels en 'n vaskulêre stelsel het nie |
|
|
Risoïde |
Wortelagtige struktuur wat op mosse, varings en sommige alge voorkom |
|
|
Substraat |
Die oppervlak of materiaal waarop 'n organisme leef |
|
|
Sporangium |
'n Struktuur (kapsule) wat spore produseer |
|
|
Homospories |
Produseer slegs een soort spoor |
|
|
Ekologiese belange van mosse |
💧Pionierplant - groei eerste nuwe area, maak grond voedingryk ander plante 💧Plantsuksessie 💧vang stof/ organiese materiaal vas, organiese materiaal verrot, produseer sure, sure breek rots af tot grondpartikels, sade van groot bome val op mosmat en ontkiem 💧Bind grond en voorkom erosie 💧Grond ryker aan organiese stowwe 💧Ekonomiese waarde - bron van veen |
|
|
Briofiete Habitat |
Klam, skaduryke plekke |
|
|
Pteridofiete (Varings) |
Klam, skaduryke plekke |
|
|
Pteridofiete ( Varings ) |
🌿 sporofietgenerasie dominant 🌿 Water nodig vir voortplanting 🌿 plant voor d.m.v spore 🌿 geen sade of blomme of vrugte 🌿 het vaskulêre weefsel 🌿 het ware blare ondersteun deur bloeias 🌿 Het kutikula 🌿 bywortels anker plant en absorbeer water 🌿 homospories |
S W S V B K B H |
|
Belangrikheid van pteridofiete |
🌿Ekologies - rol in plantopvolging (vervsng mosse) 🌿Esteties - tuine, blomrangskikings 🌿Medisinaal - vratvarings as tee keer hoesbuie - blaarsap as enema (inspuiting van rektum absesse) 🌿Ekonomies - tropiese boomvaring as boumateriaal |
E E M E |
|
Lignien |
Harde stof wat plante versterk en ondersteun Deel van sekondêre verdikking |
|
|
Gimnosperme (Saadplante) |
🌰Produseer naakte sade (nie omring deur vrug) 🌰 Spermatofiete - produseer saad 🌰 Landplante, bennodig nie water vir bevrugting 🌰 Dominante sporofietgenerasie 🌰 Het vaskulêre weefsel bestaan uit floeem en hoofsaaklik tragïede 🌰 Blare kom voor in vorm van naalde, het kutikula 🌰 Wortelnetwerk groot en diep 🌰 Sade/ spore word in keëls geproduseer ( Heterospories) 🌰 Windbestuiwing |
|
|
Spermatofiete |
Saadplante - gimnosperme en angiosperme |
|
|
Heterospories |
Om twee verskillende soorte spore te vervaardig (klein mikrospoor en groot megaspoor) |
|
|
Angiosperme (Blomplante) |
🌺 dominante sporofietgenerasie 🌺 diploïed 🌺 verskaf voedsel (vrugte) 🌺 verdeel in monokotiele en dikotiele plante (1/2 saadlobbig) 🌺 goed ontwikkelde vaskulêre weefsel 🌺 penwortels, blare sittend 🌺 heterospories 🌺 sade omring deur saadhuid |
|
|
Saadlobbe |
Saadblare wat voedsel vir die ontwikkelende embrio's verskaf |
|
|
Saadhuid |
Harde buitendste beskermde laag van saad |
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
Verskil tussen eensaadlobbige en tweesaadlobbige plante |
|
|
|
Vergelyk Gimnosperme en Angiosperme in tabel |
|
|
|
Maniere van aseksuele voortplanting |
🌱 Steggies 🌱 Sywaartse lote (ranke) 🌱 Knolle of bolle |
|
|
Voordele van aseksuele voortplanting |
✔ Dit is vinnig en getalle kan vinnig toeneem - geen beperkte blomtyd - geen bestuiwing nodig - hoef nie wag sade ontkiem ✔ Baie doeltreffend ( Nageslag byna altyd gewaarborg ) ✔ Slegs een plant nodig, nie nodig maat vind ✔ Goeie genetiese einenskappe gaan nie in nageslag verlore |
|
|
Nadele van aseksuele voortplanting |
❌Nakomelinge geneties identies aan ouerplant _ Siektes en ongunstigde kenmerke oorgedra _ Genetiese variasie beperk ❌Dikwels naby aan ouerplant geleë en mededinging vir hulpbronne kan plaasvind |
|
|
Voordele van seksuele voortplanting |
✔Maak genetiese variasie moontlik (Noodsaaklik langtermyn voortbestaan. van spesie, pas aan by omgewing en toestande) ✔Laat parasiete of siektes wat ouers het agter ✔Genetiese variasie kan lei tot ontwikkeling van nuwe spesies |
|
|
Nadele van seksuele voortplanting |
❌Slegs helfte van bevolking (vroulike) kan voortplant ❌Moet altyd maat vind, afhanklik van diere/ wind/ water oordrag van gamete ❌Geen waarborg goeie kenmerke in nageslag behoue bly ❌Neem langer om te vermeerder (tydsame, seisoenale proses) |
|
|
Verskil tussen bestuiwing en bevrugting |
Bestuiwing: Die oordrag van ryp styfmeel tot die stempel van blomme Bevrugting: Die versmelting van 'n manlike en vroulike gameet |
|
|
Windbestuifde blomme |
🍃Styfmeel glad en lig, maklik in lugstrome dryf 🍃Stuifmeel droog, nie saamkoek, vrylik dryf 🍃Helmknoppe groot, groot hoeveelhede stuifmeel produseer 🍃Papieragtige skutblare help stuifmeel opvang en in rigting van stempel stuur 🍃Blomme klein, geen landingsplek nodig vir bestuiwers 🍃Stempel taai en veeragtig om stuifmeel op te vang 🍃Blomme vaal en onopvallend |
|
|
Insekbestuifde Blomme |
🐝Ligte blomblare (Wit, geel, blou) lok insekte 🐝Nektar/ stuifmeel word as voedselbeloning geproduseer 🐝Blom moet geskikte landingsplek vir bestuiwer hê 🐝Stel geur in lig vry 🐝Stuifmeel taai sodat aan insek se liggaam vasklou 🐝Taai stempels laat stuifmeel van insek na stempel toe oorgedra word |
|
|
Voëlbestuifde blomme |
🐦 Geneig om rooi en buisvormig te wees 🐦 Saadknoppe dikwels ekstra beskerming teen skade van voël se bek 🐦 Groot hoeveelhede nektar word geproduseer 🐦 Plante het verskillende maniere ontwikkel om hul teen nektarrowers te beskerm |
|
|
Struktuur van 'n saad |
Testa (saadhuid) harde omhulsel wat onvolwasse plant (embrio) bedek en beskerm teen uitdroging en meganiese skade Saadlob (kosvoorraad) voorraad triploïede endospermweefsel wat tydelike voedselbron vir ontwikkeling van onvolwasse plante (embrio's) bied wanneer sade ontkiem Embrio (onvolwasse plant) onvolwasse plant wat uit sigoot ontwikkel en 'n nuwe plant sal word sodra die saad ontkiem het |
|
|
|
|
|